BEMAGTIG JOU KIND TOT PRESTIGE LEIERSKAP
Prestige Naskool is 'n Christelike Afrikaanse Naskool vir Graad R tot Graad 7 Leerlinge, in Allen Grove Kempton Park
PERSONEEL
Ons studie toesighouers het jare se ervaring, is wakker, oplettend en baie positief.
Ons beoog om nie meer as 20 leerders per klas te wees nie, en sal nogsteeds aan COVID-19 se sosiale distansiëring voldoen.
COVID-19
Ons voldoen aan alle COVID-19 maatreëls soos uiteengesit deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se Standaard Bedryfs prosedures.
Ons geriewe word gereeld gesaniteer en skoongemaak en ons voldoen aan die sosiale distansiëring maatreëls in ons klasse.
INGESLUIT IN ONS FOOIE
-
Oggend Peuselhappie tydens skoolvakansies
-
Ligte Middagete
-
Middag Peuselhappie
FOOIE & TYE
Prestige Naskool is oop tot 17:30 smiddae.
REGISTRASIE FOOI PER KIND (2025):
Eenmalige bedrag vooruitbetaalbaar en nie terugbetaalbaar nie: R650 per kind
MAANDELIKSE FOOI (2025):
1ste KIND : R1 580 pm x 12 maande
2de KIND(ERS) : R1 380 pm x 12 maande
ONS FOKUS
Prestige Naskool is ‘n Christelike Afrikaanse Naskool wat oop is vir alle skole in die omgewing, maar ons hoof fokus is Laerskool Impala.
Aangesien die Naskool direk oorkant Laerskool Impala is, sal slegs leerders van Impala by die skool gehaal word en onder toesig oor die pad loop. Leerders van ander skole moet asb self reëlings tref om by Prestige Naskool te kom.
STUDIEKLASSE
Ons studie klasse is vir ons van uiterste belang. Indien ’n kind sy of haar kant bring, kan hy die aand saam met sy ouers spandeer, aangesien ons al die huiswerk op die huiswerkblad probeer doen.
Prestige Naskool kan nie verantwoordelik gehou word om enige Projekte of Take te voltooi nie. Die inhoud van die Projekte / Take sal tydens huiswerk bespreek word maar dit bly die kind & ouers se verantwoordelik om dit te maak / voltooi.
Ons werk as span saam met Laerskool Impala se kwartaal beplanning en leerders se werk word gedoen dienooreenkomstig met die behoefte van die skool / klas juffrou. Daar is bepaalde studie tye, maar die hele middag is beskikbaar indien ’n kind buitemuurse aktiwiteite het en nie die betrokke tyd in die studie klas kan wees nie.